Wurmgat

'n Voorstelling van 'n wurmgat in 'n tweedimensionele heelal. Die rooi pyl wys die lang pad tussen twee punte aan, maar daar is ook 'n kortpad, wat deur die groen pyl aangedui word.

'n Wurmgat is 'n hipotetiese manier om in die ruimtetyd vinniger as lig te kan reis. In die normale ruimte kan 'n mens nie vinniger as lig reis nie, maar volgens die hipotese van 'n wurmgat is daar 'n "kortpad" in die heelal.

Die idee is die eerste keer in 1916 deur die Oostenrykse fisikus Ludwig Flamm geopper, en daarna weer in 1935 deur Albert Einstein en Nathan Rosen. Dit word dus ook 'n Einstein-Rosen-brug genoem.[1] Die Engelse term "wormhole" is in 1957 deur John Wheeler geskep.[2]

  1. Albert Einstein, Nathan Rosen: The Particle Problem in the General Theory of Relativity. In Physical Review Vol. 48 [1] (PDF)
  2. Charles W. Misner, John A. Wheeler: Classical physics as geometry. In: Annals of Physics, 2, Issue 6, 12/1957, S. 525–603, Bibcode1957AnPhy...2..525M.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search